Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS SONDAG 27 MAART 2016

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur

________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag nuusbulletins in Afrikaans sowel as Engels om 08:15 en

08:30 plaaslike tyd onderskeidelik uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Hierdie

uitsendings word ook via Echolink herlei deur ZS0JPL.

ʼn Oudio opname sowel as ʼn teks weergawe kan van die Liga se webblad, www.sarl.org.za afgelaai word,

en jy kan ook daar inteken om nuwe bulletins per e-poste ontvang.

IN DIE NUUS VANDAG

PROJEK LEXICON WEB TUISTE NOU OOP GESTEL VIR PUBLIEKE TOEGANG

HOE OM VAN TROPO KANALISEERING OP BHF GEBRUIK TE MAAK

Bly ingeskakel vir meer hieroor en ander interessante nuus items

**** Projek Lexicon het nog 'n mylpaal behaal. Die webtuiste wat gebruik word om die vertalingsproses te

fasiliteer is nou beskikbaar vir gebruik. Die woordelys tans op die webtuiste wat vanaf Engels na

Afrikaans oor vertaal moet word staan op die oomblik op 500 woorde. Die doel van die webtuiste is

tweedelig, eerstens bied dit 'n outomatiseringsfunksie waar die voorgestelde vertaling van woorde van

rekord gehou word en namate die vertaling van woorde groei bied dit in die tweedeplek 'n fasilitering

tussen die vertalingsproses en die integrasie met 'n outomatiese werkvloei proses aan die agterkant wat

deur die vertalingspan gebruik word om woorde te sluit waarvan die vertalende woorde gefinaliseer is. Dit

help om die lys van oorblywende woorde te bestuur sodat daar nie te veel op net sekere enkele woorde

gekonsentreer word nie.

Alle radio amateurs en lede van die publiek word uit genooi om deel te neem aan die projek. Hoe meer

hande hoe gouer kan die vertalingsproses afgehandel word. Ons beoog om die woordelys te finaliseer

einde September 2016. Persone wat graag wil deelneem kan op die webtuiste registreer om 'n inteken

naam en wagwoord te skep en daarna te begin deelneem aan die projek. Die webtuiste is

www.projeklexicon.co.za Tot en met datum is daar reeds 13 gebruikers geregistreer met 2 uit divisie 2, 2

uit divisie 4, 8 uit divisie 6 en 1 uit die buiteland. Daar is reeds 34 van die 500 woorde vertaal. Klubs word

ook uitgenooi om ander klubs uit te daag om soveel moontlik woorde te vertaal. U deelname sal baie

waardeer word en so kan u ook deel vorm van die uitdagende projek. Vir meer inligting kan die projekleier

Etienne Naude by etienne@afrigrid.com gekontak word.

**** Die verspreiding van BHF radio golwe insluitend lig golwe word veroorsaak deur stof deeltjies en

versteurings in die atmosfeer waar BHF seine of hoër oor lang afstande kan reik. Tropo verspreiding is

daagliks deur die jaar waarneembaar, maar vervaardig swak seine op 50 MHz tot 10 GHz oor lang

afstande van tot 1000 km, wat gewerk kan word met 'n hoë wins Yagi, hoë krag en sensitiewe

ontvangers. Die diep QSB siklusse word veroorsaak deur fase verskille van seine wat deur verskillende

rigtings na die ontvanger beweeg. Wanneer jou Tropo kanaliseering seine verswak moet jy op frekwensie bly, die

seine kom weer terug na die volle sterkte binne 'n paar minute. John ZS2AH van Oos Londen en die

skrywer van die artikel in Port Elizabeth het per geleentheid mekaar gewerk oor 250 km op 144 MHz

gedurende swak voortplanting omstandighede wanneer daar geen temperatuur verskille was nie.

Twee-rigting kontakte was gemaak tussen divisie 1 en 5 gedurende die vroeë oggende asook laat aand

via die metode wat bewys was deur Naz ZS1NAZ in Kaap Stad en Ben ZS5QM in Hilton oor die

Drakensberg terwyl daar van 400 Watt krag uitset gebruik gemaak was. Dit is moontlik om oor lang

afstande gedurende die dag van tropo verspreiding gebruik te maak met behulp van 100 Watt krag uitset

en 'n horisontale Yagi antenna. Seine is op hul sterkste vroeë oggend en laat aand Tropo kanaliseering seine

met diep QSB is altyd baie swak in vergelyking met Tropo Verbetering en kanaliseering wat beide van weer-patrone

verwant is.

**** Soos u reeds mag weet was daar in hierdie week by die Oos Rand se hoë-terrein ingebreek en skade

ter waarde van R30,000.00 is tydens die inbraak aangerig. KARS het 'n R500.00 donasie bewillig om te

help met die herstel van die skade. Ons wil graag 'n beroep op alle ander klubs doen om 'n gelyke of hoër

donasie te skenk om sodoende ZS6ERB te help met die herstel van die skade.

**** Die SARL se Amateurradio-Eregallery eer indiwidue wat 'n beduidende bydrae tot amateurradio in

Suid-Afrika gemaak het. Hulle nagedagtenis sal op 'n bladsy in die SARL-Webwerf verewig word. Die

eerste groep Gallery-lede sal op die SARL-AJV in Mei ingelyf word.

Opstelle wat die bydraes van die 18 genomineerde persone bevat kan op die Eregallery-bladsy gevind word.

Daar is 'n skakel op die SARL-Webwerf se voorblad.

Dit is die moeite werd om die nominasies te lees, want die kandidate het ons stokperdjie gevorm. Hulle

sluit historiese reuse soos John Streeter, Dixon Bennett en Dave Larsen in, sowel as hedendaagse

bydraers tot amateurradio.

Stem vandag! Meer as 300 stemme is reeds ontvang, en die stembus sluit Donderdag.

**** SA AMSAT se naam in Suid Afrika het verander en sal nou bekend staan as AMSAT SA. Die amateur radio

satelliet groep het ʼn besluit gemaak om die organisasie se naam in lyn te bring met die organisasie se

web tuiste. Dit was verwarrend deur twee verskillende name te gebruik. Die naam verandering is ook

nou in lyn met internasionale gebruike van ander AMSAT organisasies. AMSAT SA is ook geregistreer as

ʼn nie-winsgewende organisasie en is in die proses om aansoek te doen vir belasting vrystelling by SAID.

Lidmaatskap voorwaardes van die organisasie bly dieselfde. Vir meer inligting besoek AMSAT SA se

webtuiste by www.amsatsa.org.za en laai ʼn kopie van Maart 2016 Ezine af wat vanaf Maandag 28 Maart

2016 beskikbaar sal wees.

**** Frekwensie verandering van Amateur Radio Today, vanaf Sondag 3 April sal sommige Amateur

Radio Today AM frekwensies verander. Die AM frekwensie veranderings is soos volg. Sondae 08:00 UTC

7205 en 17 660 KHz en Maandae 16:30 UTC 3230 kHz. Opvangsverslae kan gestuur word aan

artoday@sarl.org.za of as u dalk ʼn QSL kaart stuur na ARTODAY Posbus 90438 Garsfontein 0042

insluitend 'n self-geadresseerde en gefrankeerde koevert.

**** 40 Studente leer meer oor Amateur Radio en Satelliete. Op Woensdag laas week het 40 leerders

van skole regoor Pretoria 'n oggend werkswinkel oor amateur radio en satelliete bygewoon. Die

werkswinkel was deel van die Innovation Hub se vakansie program vir graad 10 en 11 leerders wat meer

inligting oor verskeie wetenskap vakgebiede bekom het. AMSAT SA was uitgenooi om oor sekere ruimte

verwante aspekte te gesels. Die werkswinkel was deur Nico van Rensburg ZS6QL en Hans van de

Groenendaal ZS6AKV aan gebied. Die werkswinkel het begin met 'n praatjie oor amateur radio video

uittreksel. Tydens die praktiese demonstrasie was leerders gewys hoe 'n transpondeerder werk, hoe

satelliete om die aarde wentel en hoe antennas gebruik word om satelliete na te spoor en die gebruik

van slimfoon applikasies.

****Wes Kaapse amateurs hou 'n sosiale bymekaarkoms in die vorm van 'n bring en braai. Die Boland

Amateur Radio Klub wil graag alle Wes Kaapse Radio Amateur Klubs uitnooi na 'n sosiale bymekaarkoms

op Saterdag 2 April 2016. Die geleentheid sal by die Ou Skip karavaan park in Melkbos Strand gehou

word. Jy is meer as welkom om die geleentheid op Saterdag by te woon, maar jy kan ook die hele

naweek daar saam met almal spandeer vanaf 1 April tot en met 3 April .

Dag tariewe is R50 per persoon

Karavaan staanplek is R175 per nag

Selfsorg eenhede is ook beskikbaar.

Let asb. daar op dat jy jou eie braairooster, verversings en eetgoed moet saam bring. Daar sal 'n loodjie

trekking op Saterdag middag om 12h00 gehou word met aantreklike pryse vir die wat teenwoordig is: 'n

Eco Zoom oond - (briket brand oond) geborg deur Norman Tinkler, en wyn van die plaaslike kelders -

geborg deur BARK is van die pryse wat aangebied sal word. Ou Skip bied verskeie ontspannings geriewe

vir oud en jonk. 'n Swembad en mini golf baan is onder andere beskikbaar. Daar is ook 'n klein winkel

waar jy enige aanvulling kan aankoop. Bring jou XYL en die jongvolk! Onthou die datum: Saterdag 2

April.

**** Die SARL nuusspan is voortdurend op soek na nuwe talent wat kan help met die opstel / vertaal,

proeflees en opneem van die weeklikse SARL bulletin. Persone wat belangstel om betrokke te raak

kan gerus navrae rig aan Dawie, ZR6DHC, by e pos zr6dhc@zs6rtb.co.za

**** HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte son-aktiwiteitsvlak baie laag gaan bly. Slegs 'n paar klein

sonvlekke is sigbaar en tans is hulle almal stabiel met bykans geen kans vir ernstige sonfakkels nie.

Diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van

ongeveer 25 vir die week gebruik.

Amateurs kan goeie openinge op die 20 tot 10 m DX bande verwag.

Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

**** Aansoeke om lidmaatskap van die SARL is van die volgende persone ontvang:

C J van Wyk - ZS6CVW

Enige besware teen die aanvaarding van lidmaatskap-aansoeke moet die Sekretaris bereik voor of op die

Dinsdag na hierdie bulletin.

Lidmaatskap van die SARL is tans 1642 plus 47 geaffilieerde klubs.

SLUIT NOU DIE SARL teen halfprys

Jy kan aansluit by die SARL vir die oorblywende tydperk van die Finansiële jaar teen slegs R240 as 'n volle

lid. As jy 'n pensioenaris is en oor 65 jaar oud is, kan jy aansluit teen slegs R140. As jy nou aansluit sal jy

'n lid wees tot 30 Junie 2016 wanneer die SARL vir jou 'n faktuur stuur vir lidmaatskap vir die volgende

jaar. Kry volledige besonderhede op www.sarl.org.za en kies lidmaatskap in die linkerkantste kolom. Vir

meer inligting skakel Vonnie by die NARS by 011 675 2393. Sluit aan by die SARL vandag, dit is die regte

ding is om te doen as amateur radio belangrik is vir jou.

DAGBOEK

31 Maart - sluitingsdatum vir voorgestelde referate vir die SA AMSAT Konferensie, stuur dit aan

amsat@intekom.co.za

2 April - die RaDAR Uitdaging

3 April - sluitingsdatum vir SARL BHF kompetisie logstate

7 April - SARL 80 m QSO-geselligheid

Om vandag se bulletin af te sluit ‘n kort terugblik op die hoof nuusitem.

** Projek lLexicon se webtuiste is

nou oop vir algemene gebruik en almal word uit genooi om op die webtuiste te registreer en deel te neem

aan die vertalingsproses.

Dit bring ons aan die einde van hierdie bulletin.

** Die Suid-Afrikaanse Radio liga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuus brokkies van belang

vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuus berigte indien moontlik, in beide Engels en

Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radio liga webtuiste onder die 'news inbox' skakel nie later as die

Donderdag wat die bulletin datum vooraf gaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 plaaslike tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7

082 kHz laersyband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies

regoor Suid-Afrika. 'n digitale weergawe deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae

om 18:30 plaaslike tyd op 4 685 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou sein rapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan

artoday@sarl.org.za.Sentech borg die uitsendings op die nie-amateur frekwensies.

Jy het geluister na 'n nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radio liga, saamgestel deur Etienne

Naude, ZS6EFN, geredigeer deur Ryan Gibson, ZS6GGR en gelees deur

...........................................................

Die Afrikaanse nuus span groet nou en wens jou `n mooi week toe. Totsiens

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003